GRANDEVO® is ’n biologiese insek- en mytdoder wat as waterdispergeerbare korrels (WG)geformuleer is en gebaseer is op selle van die PRAA4-1T-stam van die bakterie Chromobacterium subtsugae. Tydens die fermentasieproses produseer hierdie stam verskeie aktiewe metaboliete wat deur verskillende werkingswyses teen verskeie plae optree. Dit is aangedui vir die onderdrukking en beheer van belangrike plae in sitrus: Valskodlingmot (Thaumatotibia leucotreta) – Sitrusroesmyt (Phyllocoptruta oleivora) – Blaaspootjies (Scirtothrips aurantii) – Bladvlooi (Trioza erytreae).